• Home
  • Explore
Create
  • Sounds
  • Tools
No track playing
Start playback to see track details here.
  • Vegter

    Vegter

    Ilse Bosch

    Hi Ma...

    Hierdie song is vir jou.

    Ek kyk op na die berge,

    en ek weet

    waar my hulp vandaan kom.

    Jou verhaal

    het op Verdwaal begin.

    Tussen stofpaaie

    en sitrusboorde

    het jy jou storie geskryf.

    Langs die Krokodil

    het jy gespeel,

    gehardloop

    en gelag. Dis waar ons Ma se kinders geword het.

    Dis wie jy is.

    Jy is dogter. Jy is suster.

    Jy is ons Ma.

    Jy is Ouma. Uitgekies om lief te hê.

    Uitgekies om te gee.

    Uitgekies om die Here se vegter te wees.

    Dis wie jy is.

    Bietjie lag.

    Baie liefde.

    Die helderste gedeelte

    van elke dag.

    Die oproep waarop ons altyd sal wag.

    Jy is dogter.

    Jy is suster.

    Jy is ons Ma.

    Jy is ons Ouma.

    Die Here se vegter.

    Jy het kruis op kruis

    in stilte gedra.

    "Dit gaan altyd goed met Ma."

    Ja in stilte gedra.

    Jy het die mooi

    in die ongewoon gevind.

    In die elke dag waarby

    ons verby kyk. Jy het elke

    mens, elke klip

    en elke blom

    op jou pad

    liefgehad. Jy het skoonheid gesien.

    Jy het ure

    saam met die kleinkinders spandeer.

    Saam met hulle gelag.

    Saam met hulle geleef.

    Herhinneringe gemaak

    wat langer

    as 'n leeftyd sal hou.

    Jy was die koppie tee en gesels tot middernag.

    Die giggel tussen wyne.

    Die Ouma wat altyd geskenke bring.

    Handgemaak. So uiters spesiaal.

    En ons... Jou drie dogters.

    Ons dra elkeen 'n

    stukkie van jou.

    Jou lag.

    Jou liefde.

    Jou geloof.

    Ons sal jou

    saam met ons dra,

    waar ook al

    ons gaan.

    Want jy is

    regtig 'n vegter.

    Vegter wat geglo het.

    Vegter wat aangehou het.

    Vegter wat liefgehad het.

    Dis wie jy is...

    Dis wie

    jy

    is... Jy is dogter!

    Dogter! Jy is suster!

    Suster! Jy is ons Ma!

    Ons Ma!

    Jy is ons Ouma!

    Ons Ouma!

    Die Here

    se vegter!

    Die Here

    se vegter!

    DIS WIE

    JY

    IS! Jy is dogter!

    Jy is suster! Jy is ons Ma!

    Jy is ons Ouma!

    Vrou van geloof.

    Vrou van liefde.

    Hart wat gee. Hart wat glo.

    Die Here

    se vegter! Ek kyk op na die berge...

    En ek weet... waar my hulp vandaan kom.

    My hulp is van die Here.

    MY HERDER!

    Ma... 'n Stukkie van jou

    sal altyd

    by ons wees.

    Dis wie jy is

    en dit is genoeg vir ons.

    Top Songs from ElevenLabs

    Remixes