

Liefie... Hierdie
een
is vir jou Ons het al ver gekom
Van waar ons eens begin het
Soveel klein oomblikke
Wat niemand
anders ken nie Die goeie en die moeilike dae
Die lag en soms die seer
Maar as ek weer kon kies
Sou ek jou kies Elke keer
Want tussen al die geraas En alles wat verander
Is daar een ding wat ek weet
Liefie
Ek kies jou nog steeds Met elke nuwe môre Met alles wat
ek het Liefie
As die wêrreld om ons draai Is jy nog steeds die een
Na wie my hart toe gaan En as jy
my
vra
Waar ek wil wees
Liefie
Hier By jou
Die jare vlieg verby
Die lewe wag vir niemand
Ons maak ons eie planne
En soms maak die lewe ander
Maar deur elke nuwe hoofstuk Elke draai wat voor ons lê Wil
ek net hê jy moet weet Wat ek te min vir jou
sê
Tussen al die geraas En alles wat verander
Is daar een ding wat ek weet
Eendag as ons terugkyk Na alles wat verby is Hoop ek jy
sal weet Van al die dinge Wat hierdie lewe my gegee
het Was jy
My mooiste
deel
Liefie
Ek kies jou nog steeds Na alles wat ons saam deur is
Sou ek jou weer kies
Liefie
Laat die wêrreld maar verander
Solank ek jou hand kan vashou Sal ek altyd huis toe vind
En as jy my vra
Waar ek wil wees Liefie
Hier By jou
Liefie...
Ek kies jou
Elke keer
(elke keer)